Thursday, 27 July 2017

21 dae van DEURBRAAK - Dag 4

Dag 4 -  In 'n Doodloopstraat

Ons benodig ‘n deurbraak wanneer ons onsself in ‘n doodloopstraat bevind, en nie weet waarnatoe nie.
Soos ‘n Abraham -
·      My doodloopstraat is dalk net ‘n Vertraging (Gen.16:1: “Maar Sara het steeds nie kinders gebaar nie…”)
·      My doodloopstraat  is vir my ‘n Probleem, maar nie vir God nie (Gen.17:18: “Hoe kan ‘n seun gebore word op my ouderdom? – 99jr)
·      My  Doodloopstraat is dalk net ‘n TOETS (Gen.21:1-6/22:1-12) “Vat jou seun en gaan offer hom”)
·       Is jy tans in ‘n doodloopstraat? (Kanker; egskeiding; bankkrotskap; werkloosheid of onvrugbaarheid;?)

Wat om te doen in ‘n doodloopstraat , terwyl ek soek na ‘n deurbraak:

A. Ek moet onthou wat God kan doen
Rom 4:17  …. Ek het jou ‘n vader van baie nasies gemaak voor die aangesig van God in wie hy geglo het, wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan. …..
·      Die feit dat die situasie buite beheer is, beteken nie God is buite beheer nie!
·      God kan lewe gee aan dooie loopbane; besighede; huwelike ens..(die Lasarus in jou lewe)
·      Positiewe denke en geloof is twee verskillende goed…positiewe denke werk net by goed waaroor jy beheer het…geloof is nodig vir die goed waar jy in n doodloopstraat is!
·      Geloof is egter dit wat lewe gee aan dit wat dood is en iets uit niks skep
·      Luk.18:27: “Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.”

B. Vertrou op wat God gesê het
Rom.4:18: “Hy het teen hoop op hoop geglo ...Rom 4:20  En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee
 …”   Jy’t die Woord van God nodig: (2 Tim 3:16-17)
(1)           Lees dit;
(2)           Bestudeer dit;
(3)           Memoriseer dit;
(4)           Mediteer dit.
Heb.11:17: “Deur die geloof het Abraham, toe hy op die proef gestel is, Isak geoffer; ja, hy wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer” (“Abraham still trusted in God and his promises”)
·           Dikwels is n doodloopstraat net ‘n toets vir jou geloof - Abraham is gehoorsaam om die offer te bring maar het genoeg geloof dat God Isak weer lewendig kan maak (“Ons sal terug wees”)…as Isak vra waar die offer is sê hy “God sal voorsien” (Geen paniek)

C. Trotseer die feite met GELOOF (Werklikheid vs. Waarheid)
Rom.4:19: “En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie. 20  En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar  hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee.
       
GEBED : Vader ek Glo WIE U is, en WAT U kan doen, Ek glo WAT U gesê, en ek staan op U beloftes. Vader ek glo U waarheid bo die werklikheid.


2 comments:

  1. Vandag het Tannie NANCY laat weet, hierdie wood was NET VIR HAAR

    ReplyDelete
  2. Dankie, die Woord tref elke dag.... en mense wat werklik moedeloos is voel tonne beter, ons word so wonderlik gevoed met die Heilige Gees en die Woord van God ....ons kinders is so dors van U liefd, GOd ons Vader, dankie vir Marius wat U as instrument gebruik om ons te help groei en sterker te word tree vir tree.....Amen

    ReplyDelete