Thursday, 27 July 2017

21 dae van DEURBRAAK - INLEIDING

INLEIDING


Goeie dag en God seën jou. Dankie  dat jy saam met ons op hierdie reis vertrek op soek na 'n geestelike deurbraak. Die slim mense beweer dat dit neem 21 dae om 'n goeie gewoonte aan te leer en 21 dae om 'n slegte gewoonte af te leer, of te stop. Vandag begin ons die proses van  HOE OM ‘n DEURBRAAK TE VERKRY ?

1.      DIE BEHOEFTE AAN ‘n DEURBRAAK
Wanneer het ons ‘n deurbraak nodig ?
·      Wanneer ons ‘n geslote hemel beleef. En dit voel asof ons nie God se sëen beleef nie.
·      Wanneer ons onsself in ‘n doodloopstraat bevind, en nie weet waarnatoe nie.
·      Wanneer dinge vir ons onmoontlik lyk.
·      Wanneer dit blyk dat sukses nie beskore is nie, en ons mislukking in die gesig staar.

·      Wanneer dit lyk asof ons vir ewig gewag het, en tyd uitgeloop het.
·      Wanneer ons ‘n hopelose situasie beleef, en alle hoop verydel is.

2.      DEFINISIE VAN ‘n DEURBRAAK

DEFINISIE 1 -  “Dit is die offensiewe druk wat toegepas word om deur die verdedigingslinies van ‘n vyand te dring  " - ( “An offensive thrust that penetrates and carries beyond a defensive line in warfare.”)


DEFINISIE 2 -  Dit is die DOELBEWUSTE daad/handeling om DEUR ‘n Hindernis te breek.  -  “An act or instance of breaking through a barrier.”


DEFINISIE 3 – ‘n SKIELIKE UITBREEK of VERSNELLING  vanuit jou huidige of  bestaande posisie - “A sudden advance.”



No comments:

Post a Comment